Skip to content
zeno
Create a Station
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Opens in a new window
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Monitor
News
Afrikaans
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Website
Episodes
Episodes
300
04 September 2026
Monitor: ANC eis dat OVK kandidaat-benoemingstelsel ondersoek word
4 September 2026: Opposisiepartye stel hulle saak in die president se aansoek om die onafhanklike Artikel 89-paneel se verslag op hersiening te laat neem. Die ANC eis dat die aanlyn-kandidaatbenoemingstelsel dringend ondersoek word, terwyl die OVK geen verdere toegewings gaan maak nie. Die wewenaar van 'n bemanningslid van die SAS Manthathisi het drie jaar later stééds talle onbeantwoorde vrae.
46 min
03 September 2026
Monitor: Geen verbyvlug voor derde toets teen All Blacks
3 September 2026: President Cyril Ramaphosa se regsverteenwoordiger, advokaat Wim Trengove, beskryf die Artikel 89-afsettingskomitee as 'n politieke spel. Meer as 140 000 kandidate gooi hulle name in die verkiesingshoed. Die SAS Manthathisi-duikboot is terug in die water drie jaar ná die tragiese voorval in Kommetjie toe drie bemanningslede dood is. Daar sal nie ‘n verbyvlug wees vir die derde...
46 min
02 September 2026
Monitor: Boer laai lammers wat keelaf gesny is, by polisiekantoor af
2 September 2026: Suid Afrikaners se ervaring is dat moord aan die toeneem is, al is dit teenstrydig met die polisie se misdaadstatistiek. Die Departement van Basiese Onderwys beoog nuwe regulasies om die kommunikasie tussen onderwysers en leerlinge op platforms soos WhatsApp te reguleer. ‘n Moedelose boer van Steynsrus in die Vrystaat laai die karkasse van minstens 20 lammers wat keelaf gesny...
50 min
01 September 2026
Monitor: Motoriste moet weer hoes vir brandstof
1 September 2026: Motoriste dok weer op by die pomp. 'n Sakeman word op R200 000 borgtog vrygelaat na sy verskyning in die hof in verband met die Tembisa Hospitaal-bedrogsaak. 'n Ad hoc-komitee word in die Wes-Kaapse wetgewer op die been gebring om geweldsmisdaad te ondersoek.
48 min
31 August 2026
Monitor: ANC-lid in warm water oor KI-video
31 Augustus 2026: 'n ANC-lid word by die Verkiesingskommissie verkla in verband met 'n kunsmatige intelligensie-gegenereerde video. Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, berispe Johannesburg se burgemeester, Dada Morera. Die PAC waarsku mense om nie vir Helen Zille van die DA te stem nie.
50 min
28 August 2026
Monitor: Kommer oor dwelm-vervaardigingsfasiliteite in Limpopo
28 Augustus 2026: Die polisie is bekommerd oor die baie onwettige dwelmvervaardigingsfasiliteite wat sedert 2020 op plase in Limpopo ontdek is. Die Appèlhof in Bloemfontein sal dalk binnekort 'n verreikende beslissing oor welsynstoelaes lewer, wat die regering 'n ekstra R100 miljard per jaar uit die sak sal jaag. Boere word gemaan om kunsmatige intelligensie te benut.
48 min
27 August 2026
Monitor: Dodelike oorstromings in Nepal
27 Augustus 2026: Die Speaker van die Nasionale Vergadering oorleef 'n mosie van wantroue. Premier Foods en vakbonde probeer 'n alternatief vind vir die sluiting van sy Tulbagh-fabriek. Die jongste oor die dodelike oorstromings in Nepal.
49 min
26 August 2026
Monitor: Merkbare styging in maselgevalle
26 Augustus 2026: Bankbedrog styg met 19%. 'n Merkbare styging in masels landwyd. Die storm duur voort om die kop van die DA-woordvoerder oor Finansies, dr. Mark Burke.
49 min
25 August 2026
Monitor: Verbruikerskommissie gaan telebemarkers vasvat
25 Augustus 2026: Die Nasionale Verbruikerskommissie gaan telebemarkers vasvat. Wetenskaplikes waarsku dat vanjaar se El Niño-verskynsel die sterkste in menseheugenis kan wees. Noordwes span nou hommeltuie in om brande te bestry.
50 min
24 August 2026
Monitor: ANC stel verkiesingsmanifes bekend, met klem op dienslewering en skoon regering
24 Augustus 2026: Die Wes-Kaapse polisiekommisaris, luitenant-generaal Sizakhele Dyantyi, besoek Knysna ná die moord op drie ANC-lede. Die ANC onthul sy verkiesingsmanifes, met die klem op dienslewering en skoon regering. Die bokslegende Zolani Tete sal Saterdag te ruste gelê word tydens 'n gedenkdiens by die KuGompu-stadsaal in die Oos-Kaap.
48 min